So verskriklik bangA Poem by Vonnie15Afrikaans poemSo verskriklik bang Ek’s bang so verskriklik bang dat ek gaan val, veel dieper as wat ek ooit verwag het ‘n plek so diep dat ek nooit daar Ek’s bang so verskriklik bang dat my hart uit my bors gaan spring, my siel joune gaan omhels en nooit weer laat gaan nie. Ek’s bang so verskriklik bang dat jy die skeiding afbreek, my naakte menslikheid sien, al die mooiheid ontneem. Ek’s bang so verskriklik bang dat my vrese jou weg stuur; wat as ek belowe om nie bang te wees nie, of ten minste te probeer? Sal jy my hand omvou, my vrees soos ‘n kind s’n verwyder? Ek’s net so bang so verskriklik bang.
© 2009 Vonnie15 |
Stats
227 Views
Added on June 29, 2009 |

Flag Writing