My hawelose geesA Poem by Vonnie15Afrikaans poemMy Hawelose gees My hawelose gees dwaal deur kers liedjies van lank gelede, skoene waarin ek ver geloop het, stukkende snare van my kinderlikke kitaar. Wat bly oor daarvan: ek dwaal rigtingloos my verlate hart gryp na herinneringe. Gister was ‘n volle dag sonskyn belofte; Toe kom die maan se speel tyd en my silhoeet gaan met die son onder. Net herinneringe van skaduwees dans met die sterre. Haweloos dwaal my gees deur wat was, wat kon gewees het. Maar ek is verstrooid. Verlore.
© 2009 Vonnie15 |
Stats
244 Views
Added on June 29, 2009 |

Flag Writing